Forgot your password?
Login or Register as a Role-player
Anonymously Report Unregistered Role-players
Home
Milk South Africa
Promoting the South African Dairy Industry
  • Home
  • About
    • Background
    • Mission and Vision
    • Governance Principles and Practices
    • Strategic Principles and Objectives
    • Milk SA Structure
    • Board and Members
  • Objectives
    • Statutory
    • Non Statutory
  • Regulations
  • Reports
    • Recent Reports
    • Strategic Function Projects
      • Dairy Consumer Education
      • Dairy Regulations and Standards Issues
      • Empowerment - General
      • Improvement of Dairy Quality
      • Industry Information
      • Research and Development
      • SA National Committee of the IDF
      • Transformation: Mentoring of Black Farmers
      • Transformation: Secondary Sector
      • Transformation: Training of Farm Workers
      • Transformation: Ubisi Mail
    • Board of Directors Reports
      • Annual
    • Chairman Reports
    • Financial Reports
      • Annual Financial Statements
    • Industry Information Reports
      • Additional market signals
      • Dairy Digits
      • Dairy Industry Review
      • International Farm Comparison Network (IFCN)
      • Lacto Data
      • Retail sales trends in South Africa
      • Trends in milk production
      • Use of raw milk in manufacture of dairy products
      • World Dairy Situation
  • Publications
    • Bulletins
    • News Briefs
    • Standards
    • Technical Specifications
  • News Room
    • News
    • Milk Essay
  • Research
    • The Research Column
    • South African R&D Studies
    • International R&D Studies
  • Links
  • Calendar
  • Contact
Reports › Chairman Reports › Voorsittersverslag, 2 Junie 2005 ›

Voorsittersverslag, 2 Junie 2005

Date: 
2 June 2005
File:
AttachmentSize
Voorsittersverslag, 2 Junie 200531.29 KB
Summary:

Die jaar 2004 was seker een van die mees teleurstellende jare in die geskiedenis van die georganiseerde suiwelbedryf van Suid-Afrika. Aan die einde van 2003 nog was daar groot verwagtinge, aangesien die lank-verwagte statutêre heffings reeds in die sakkie was en daar uitgesien is na 'n Melk SA wat toenemend aan die behoeftes van beide die primêre en sekondêre bedryfsektore moes voldoen. Twee-duisend-en-vier het egter met 'n groot knal vir die suiwelbedryf aangebreek, toe die sekondêre bedryfsektor te kenne gegee het dat hy nie langer met die struktuurbedeling kon saamleef nie.

Die Direksie het op 13 Februarie 2004 besluit om Melk SA só te herstruktureer, dat Melk SA deur 'n Sekretaris bedien word en Melk SA se funksies deur die MPO en SAMPRO hanteer word. Nadat 'n Werkgroep met afhandelingsbevoegdheid op 11 Maart 2004 vergader het, is personeel na die MPO en SAMPRO teruggeplaas en die funksies onderling verdeel. 'n Finale verdeling van die funksies is op 28 Junie 2004 deur die werkgroep gedoen.

Melk SA se Dagbestuur en Ouditkomitee het op 29 Julie 2004 'n gesamentlike vergadering gehou, waar die nuwe personeelstruktuur, bestaande uit drie sleutelposte gevestig is om die administrasie te behartig. Vanaf 1 September 2004 het Melk SA sy eie kantore betrek en kon daar begin word om sy eie karakter te bou, onafhanklik van die twee bedryfsorganisasies. Dit het ook voldoen aan die uitgesproke wens van die NLBR, tydens die Direksievergadering van 7 Mei 2005.

Intussen is Melk SA tesame met SAMPRO, die Suiwelstandaard Agentskap, die NLBR en die Minister van Landbou deur 'n rolspeler gedagvaar, met die doel om die statutêre regulasies ter syde te stel. Die Direksie het 'n Regulasiewerkgroep gestig, wat getaak is om die probleme aan te spreek. Na vele vergaderings van die werkgroep, konsultasie en beraadslagende gesprekke met onder meer die NLBR en senior regslui, is besluit dat daar geen ander redelike opsie is as om die huidige regulasies met nuwes te vervang nie. Die energie en tyd wat Melk SA en die bedryfsorganisasies aan hierdie aspek tesame met bogenoemde herstruktureringsproses gewy het, het 'n deel van Melk SA se fokus verskuif, vanaf sy beoogde bedryfstrategieë na 'n reeks aktiwiteite om fondamente te lê vir 'n nuwe bedeling.

Intussen het die MPO en SAMPRO, as funksionarisse van die statutêre strategiese funksies, voortgegaan met die implementering daarvan. Die funksies moes egter herprioritiseer word, aangesien die heffingsinkomste skerp begin daal het nadat die Douglasdale-geding rugbaar geword het. Die onderskeie advieskomitees wat verantwoordelikheid vir die mees effektiewe en doelmatige uitvoering van die funksies aanvaar, het hulle goed van hul taak gekwyt en het Melk SA op hoogte van sake gehou, sodat die direksie ingeligte besluite kon neem. Volledige verslae ten opsigte van die funksies, word in Melk SA se jaarverslag vir 2004 uiteengesit.

Ek wil graag vertrou dat SAMPRO se aansoek om nuwe maatreëls gaan slaag, sodat die suiwelbedryf 'n regverdige tweede kans gegun word. Ons skuld dit allermins aan ons self, maar vernaamlik aan die verbruikerspubliek van Suid-Afrika.

Die beginsel is deur Melk SA aanvaar dat die MPO en SAMPRO die statutêre projekte ten uitvoer sal bring, op voorwaarde dat daar voldoende presteer word. In hierdie verband het dit dus krities noodsaaklik geword dat ‘n beleidsdokument geskryf word wat onder andere moet spesifiseer hoedat daar gekwoteer sal word en prestasie gemeet sal word. Die Sekretariaat is ook reeds opdrag gegee om hierdie konsepdokument teen einde Junie 2005 te finaliseer en om alle aanvoorwerk wat nodig is om die nuwe statutêre bedeling te bedryf, in samewerking met die Advieskomitees af te handel. Rolspelers moet te alle tye daarop let dat statutêre heffingstoedelings aan byvoorbeeld die MPO, SAMPRO en Suiwelstandaard Agentskap nie begunstiging aan 'n bepaalde organisasie is nie, maar vir funksies en projekte aangewend word wat die totale suiwelbedryf tot voordeel strek.

Goeie vordering is gemaak met projekte wat wel uit die statutêre heffings gefinansier is, vernaamlik die transformasieprojekte ten behoewe van benadeelde individue in die primêre en sekondêre sektore en die suiwelstandaarde projekte. As gevolg van die probleme wat tot onvoldoende heffingsinkomste gelei het, kon die meeste van die ander projekte ongelukkig nie verder vorder as die beplanningsfase nie. Melk SA het reeds die mees kritiese navorsingsprojekte geïdentifiseer en geprioritiseer en 'n dokument daargestel vir die bestuur van navorsingsprojekte. Dit is met spyt dat suiwelverbruikersopvoeding nie van die grond-af kon kom nie, aangesien dit die primêre beweegrede vir die heffingsaansoek per sé was. Daar kan egter op sekere afgehandelde aanvoorwerk voortgebou word. Met aanvulling van Melk SA se gebrekkige statutêre data tot die MPO en SAMPRO se bedryfsinligtingsondersteuningstelsels, was Melk SA ten minste in staat om bedryfsinligting beskikbaar te stel.

Melk SA is egter nie slegs administrateur van die statutêre maatreëls nie. Hy is ook 'n bedryfsforum wat ander bedryfsaangeleenthede van gemeenskaplike belang hanteer. Gedurende 2003 en 2004 is daar goeie vordering gemaak in die ontwikkeling van pro-aktiewe strategieë om bek-en-klouseer doeltreffend in samewerking met die Nasionale Departement van Landbou te bestuur. Dit sal spoedig weer aandag by Melk SA moet geniet. Melk SA is 'n lid van die SA Nasionale Komitee van die Internasionale Suiwelfederasie en sal meer moet doen om by die komitee se aktiwiteite betrokke te raak en die generiese inligting wat beskikbaar kom, met die bedryf te deel en toe te pas.

Met die Doeanereg- en Marktoegang Advieskomitee as medium, het Melk SA veel vermag om die primêre en sekondêre sektore se standpunte as bedryfstandpunte te formuleer om by die relevante owerhede aan te bied. Dit is noodsaaklik dat hierdie komitee (net soos al die ander Advieskomitees) aktief moet bly funksioneer, as gevolg van die gretigheid van die internasionale mededingers om ons mark vir eie gewin te eksploïteer. Op hierdie terrein is veel vermag soos motiverings ter behoud van tariewe, regstelling van verkeerde tariefveranderings van botter en kaas, herinstelling van die bottervetvlak op melk vanaf 3,0% na 3,3% en instelling van 'n voorlopige heffing teen die beweerde storting van kaas uit Ierland.

As ons iets wys geword het uit 2004, dan is dit dat eie belang en gemeenskaplike belang nie onder een sambreel bevorder kan word nie. Gesonde interaksie tussen die primêre en sekondêre sektore is altyd nodig, maar Melk SA is nie die forum om spiere vir mekaar te wys nie. In Melk SA is elke direkteur 'n trustee en voog van gemeenskaplike bedryfsbates en belange. As ons elkeen werklik erns maak daarmee, sal ons die vrugte pluk van ons belegging in die bedryf en sal Melk SA sy naam waardig kan dra. Ons het ook geleer om teleurstellende ervarings soos met die statutêre maatreëls met gesamentlike spierkrag aan te spreek.

Ek wil graag die lede van die volgende groepe en persone bedank vir die bydraes wat hulle gelewer het om die wa deur die drif te help trek: Die Bestuurs- en Beplanningskomitee, Regulasiewerkgroep, Advieskomitees, Ouditkomitee, die HUB: SAMPRO, Besturende Direkteur: MPO en Sekretaris van Melk SA. Ek dank ook die Nasionale Landboubemarkingsraad vir sy advies en begrip met betrekking tot die maatreëls.

JA Pienaar
VOORSITTER

Milk SA - Copyright 2011 | Designed & Developed by Octoplus